Verversings / Trou Speletjies

Tydens ons fotosessie by Kataluma sal daar vingerete op die tafels wees, en gaste kan intussen saam kuier met ’n biertjie of wyntjie in die hand. Speletjies soos golf chipping, giant pickup sticks, cornhole en yster balle (goons) sal regstaan vir almal wat lus is vir bietjie pret!

Die Kort Wag Periode Tussen die Seremonie en Kuier

Ná die seremonie gaan ons vinnig aanry na ons pragtige venue, Kataluma Function Venue, waar die foto’s geneem gaan word — maar moenie bekommerd wees nie, julle gaan nie net sit en wag nie!

Terwyl ons besig is met ons foto sessie, gaan daar vir julle ‘n ligte vingerete op die tafels wees – klein happies om die gaste se energievlakke op te hou en ’n lekker gesellige atmosfeer te skep. Daar gaan ook ’n paar prettige speletjies wees wat julle self of saam met vriende kan speel – dis die perfekte manier om mekaar beter te leer ken, bietjie te lag, en die feesvieringe behoorlik aan die gang te kry.

En natuurlik… tyd vir die eerste biertjie of wyntjie van die dag! 🥂🍻

Vir die wat kamp – nou’s die ideale tyd om daai tente op te slaan en vir jou slaapplek reg te maak. En as jy in een van die lodges oornag, is dit die perfekte oomblik om in te boek en jou kamerdeur oop te maak vir later.

Maak jouself gemaklik, geniet die kuier, en kom in die trou-stemming – dis net die begin van ’n ongelooflike aand saam!

April 11, 2026
15:00-17:30 PM

Meer Inligting

Tydens die vingerete en foto’s kan julle lekker ontspan en speel:

  • Golf chipping – wys jou mik met ’n paar kort houe.
  • 🟡 Giant Pickup Sticks – ‘n klassieke speletjie in reuse-formaat!
  • 🎯 Cornhole – gooi en mik vir die gat!
  • Yster balle (goons) – wen die rondte met presisie en styl.
  • 🍺Beer Pong – n Gepaste drinking game om die kuier solank aan die gang te kry.