Meer Inligting

Bring jou eie coolerboks, geniet die champagne en wyn per tafel met ons barman en kelner wat jou glas vol hou; die kleurskema is sage green, beige en goud met die kleredrag as semi-formeel, daar’s geen bar of afsnytyd vir die kuier nie—kom maak dié dag ’n fees!

Meer Inligting Vir Die Trou Dag

  • Eie coolerbokse moet saamgebring word na die kuier — daar is geen bar op die perseel nie.
  • Daar sal champagne en wyn per tafel voorsien word.
  • Ons het ’n barman (agter die toonbank om drankies vol te maak) en ’n kelner (wat rondloop om leë glase op te tel en jou glas vol te hou).
  • Kleurskema: Sage Green, Beige, Goud.
  • Kleredrag: Semi-formeel.
  • Kuier: Geen cut-off tyd — kuier tot julle klaar is!
April 11, 2026
14:00-Laat

Meer Inligting

Jou Kind

  • Die kinders kry ’n lekker dag sonder ons lawaai, en ons kry ’n troue sonder “mammaaa kyk vir my!”

Net So Vinnige Reel Vir Die Dag

  • As jy in wit opdaag op my groot dag, hou ons jou “begrafnis” sommer daarna met ’n lag. Nie ’n nare storie, net ’n modereël, want op dié dag dra net die bruid die wit juweel!

Jou Plus One?

  • As jou naam alleen op die lys verskyn, moet nie ’n ekstra siel probeer insmokkel nie.
    Geen plus-one, geen drama, geen verrassings die aand — net wie genooi is, kry toegang tot die bruid en bruidegom se draai.