Die Aand Se Vermaak
Die musiek vir ons groot aand sal deur KDJ Entertainment voorsien word! Hulle gaan sorg dat die dansvloer nooit leeg staan nie en dat die musiek aanhou speel tot laat in die nag – totdat niemand meer op hul voete kan bly nie!
Trek Jou Dans Tekkies Aan
Ons is ongelooflik opgewonde om te deel dat die musiek vir ons groot aand in die hande van KDJ Entertainment is! Hulle gaan sorg vir die perfekte klanke, die regte vibes en genoeg ritme om almal op die dansvloer te hou — tot laat in die nag, totdat die laaste ou nie meer op sy voete kan staan nie! 💃🕺
Maak seker jy bring jou dansskoene (en dalk ’n ekstra bietjie energie!) — dit gaan ’n aand vol musiek, lag en herinneringe wees wat ons vir altyd gaan koester. 🎵✨
Gaste gaan vanaf 17:30 begin beweeg sodat die aand se affêre mooi op tyd kan afskop. Ons kan nie wag om hierdie spesiale oomblikke saam met julle te vier nie!
April 11, 2026
17:30-Laat PM
Meer Inligting
Ons gaan al die trou fotos van die aand link op ons webtuiste wat julle kan download van OneDrive af.
Ons sal almal in kennis stel van die fotos en wanneer dit opgelaai is. Die knoppie onder sal die OneDrive link wees vir die fotos.