Foto Tyd
Ons gaan al die troufoto’s op hierdie bladsy deel. Sodra die foto’s gelaai is, sal ons julle almal laat weet—dankie dat julle deel is van ons spesiale reis.
Trou Dag Foto Inligting
Een van die kosbaarste dinge wat van ons troudag sal oorbly – behalwe vir mekaar – is die herinneringe wat vasgevang is op kamera. Dis daardie een spesiale element wat jou jare later weer laat glimlag, laat huil (net so bietjie) en elke oomblik herleef asof dit gister was.
Ons is ongelooflik geseënd om nie net ’n talentvolle fotograaf te hê nie, maar ook ’n dierbare vriendin – Charmaine Nel – wat ons troudag gaan vasvang. Charmaine verstaan presies wie ons is, en hoe belangrik dit is om die klein, egte en intieme oomblikke vas te lê – dié wat dikwels tussen die groot gebeurtenisse gebeur. Van die eerste trane in die kerk tot die laaste sonlig op die dansvloer.
Charmaine gaan ons fotos neem tydens die seremonie by Doxa Deo Faerie Glen, en later by ons venue, Kataluma Function Venue. Sy het ’n ongelooflike oog vir detail, werk stil en natuurlik, en weet presies wanneer om die perfekte oomblik te vang – of dit nou ‘n glimlag is, ’n stoute kyk, of daardie spesiale handdruk net voor die “ja” gesê word.
’n Goeie fotograaf doen soveel meer as net knip-knip. Sy werk agter die skerms, sien emosies nog voor dit gebeur, help die dag vlot verloop en gee vir ons herinneringe wat ons nie eers besef het gebeur het nie. Ons weet met Charmaine agter die lens gaan elke foto ’n storie vertel.
April 11, 2026
16:00-17:30 PM
Meer Inligting
Ons gaan al die trou fotos van die aand link op ons webtuiste wat julle kan download van OneDrive af.
Ons sal almal in kennis stel van die fotos en wanneer dit opgelaai is. Die knoppie onder sal die OneDrive link wees vir die fotos.