Martin_Vlok


💙 In Liefdevolle Herinnering: Gerhardus Martinus Vlok

Soos baie van julle weet, is my Pa nie vandag hier om saam met ons hierdie spesiale dag te vier nie. Maar ek weet – met alles in my – dat hy daar bo in die Hemel sit, reg voor, langs die Here, en met sy kenmerkende glimlag elke oomblik van vandag saam met ons beleef.

Een van my groot drome was om my Pa op my troudag langs my te hê. Om daardie kyk van trots in sy oë te sien. En eendag, wanneer ek self ’n pa en oupa word, om hom langs my te hê – want ek het altyd gesien hoe ongelooflik goed hy met kinders was. Dis iets wat ek altyd van hom bewonder het.

Ek weet hy sou vandag trots wees. Trots op waar ek is, op wie ek liefhet, en op die man wat ek geword het. Hierdie paar woorde is maar net ’n klein eerbetoning aan ’n groot mens in my lewe.

Ek is baie lief vir Pa. Ek mis Pa. En tot ons mekaar weer sien…