💗 In Liefdevolle Herinnering: Lorraine Knoetze

Ek onthou die eerste keer toe Ouma vir Elandre ontmoet het, hy het nie veel woorde ingekry nie, maar Ouma het dadelik ‘n goeie indruk gekry.

Ek het gedink dat Ouma nog baie lank deel sou wees van ons lewens en dat ons nog agterklein kinders vir Ouma sou gee, maar die Here het ander planne gehad, Hy het geweet Ouma is moeg en dat dit tyd is om te rus.

Ek glo dat almal kan saam stem dat Ouma een van die wonderlikste mense was, met die mooiste hart en grootste liefde vir ons Hemelse Vader.

Ek verlang na Ouma. Love you lots, always.